Die Boek

Lank terug het ek ‘n droom gehad. Van ‘n ou biblioteek met hoë rakke gepak vol boeke. Lig het hier en daar deur openinge tussen die boeke geglip. As jy naby genoeg gekyk het kon jy die stofdeeltjies daarin sien dans. Stof van jare se kennis en woorde opgevang in bundels gekryf deur mense wat nie eens meer lewe nie. Tog lewe hulle woorde voort om die wat na hulle kom te inspireer en bemoedig.

In die middel van die vertrek was ‘n groot donker houttafel met stoele. Gedempte lampe was aangeskakel met mense wat stil sit en lees of idees bespreek om te probeer verstaan. Daar was een Man in my droom wat met liefdevolle oë na die groep mense om Hom gekyk het. Hy het met wysheid en geduld hulle vrae beantwoord. Of selfs by tye stilgebly sodat hulle self by ‘n antwoord kon uitkom. Hy was die Vader van woorde.

Ons soeke na kennis en antwoorde kan ons op soveel paaie neem. Tog is daar een Boek wat die toets van alle tye deurstaan het. Met menslike oë lyk dit soos ‘n ou boek vol stories en geskiedenis. Maar wanneer jy dit lees met die oë van jou hart sien jy elke keer iets nuuts. Daar is ‘n antwoord en troos vir elke vraag en pyn. Vir alles omtrent ons lewens; verhoudings, gesondheid, finansies, jouself. In die blaaie van dié Boek is jy ook opgeskryf. Daar loop ‘n dun rooi draad regdeur van die eerste bladsy tot die einde, tot in jou hart. Dit is waar jy jouself waarlik kan vind.

Wanneer die lewe kom met verwagtinge en druk en teleurstellings en jou laat twyfel in wie jy is en hoekom jy hier is, is dit die enigste Boek waar jy jou selfvertroue weer kan vind. Genadiglik lê dit nie in onsself nie. Dis meer beslissend as die afkeur van ander se woorde en kyke. Dis meer stabiel as die nuutste modes en tendense. Dis meer lewendig as die bloed wat in jou are pomp. Daaraan kan jy vasklou en bly staan. Dit stel nooit teleur nie.

Ps 16 v8, 9

“Because you are close to me and always available, my confidence will never be shaken, for I experience your wrap-around presence every moment. My heart and soul explode with joy – full of glory! Even my body will rest confident and secure.”

 

Advertisements

Just be held

I decided a few years ago that I would choose carefully what I listen to, read or watch on Television or the internet.  One of the applications on my laptop is TuneIn Radio, internet radio with stations for every taste. I found excellent Christian radio stations that I  listen to most of the day and night.

Our eldest son is in a boarding school and one day I asked him what he missed about home. His WhatsApp reply included hot chocolate when he wakes up and a good morning hug, but what touched my heart was that he missed the uplifting music playing all day in our home. Being a creature of habit I wake up in the morning, make everyone coffee, tea or hot chocolate, switch on the laptop and connect my red round Bluetooth speaker with Positive Life Radio.

Recently a familiar song played that I have heard many times before. But on this day, for the first time, I listened intently to the lyrics. The song was “Be held” by Casting Crowns. Initially, I heard “Just behave”, but the lyrics were “just be held”.

So when you’re on your knees and answers seem so far away
You’re not alone, stop holding on and just be held 
Your world’s not falling apart, it’s falling into place
I’m on the throne, stop holding on and just be held
Just be held, just be held

Big difference.

I realised that we tend to listen through a grid made up of our past, upbringing, family life, career, personality type, mood, etc. I heard ‘just behave’. I can psychoanalyze that for weeks. But what actually caught my attention was that in the song God was saying, ‘just be held’. He just wanted me to come to Him and be held. Just hand over all my worries, anxiety, fears and burdens and just fall into His arms and allow Him to hold me. My head on His chest, listening to His heart and allowing Him to love me. Allowing His peace to still all the noise in my head and just be held.

The beauty of the gospel for me has always been the simplicity of it. And again this is so simple. I do not have to behave. When I am loved and held by my Father, behaving flows from it. Because I love Him in return. That is a relationship. That is intimacy. That is worth sharing.

Hungry

The last two books I have been reading, coinsidently, played off during the Second World War and dealt with Hitler and the persecution of the Jews. One thing that stood out while reading them, is the hunger. The persecuted as well as the rest off the world suffered hunger. The Wars and fighting caused people to focus on the battles and not on the basic needs of the people they were trying to serve. Oh but the hunger pulls at my heart.

In our world today there’s so much food and yet so many people who have none. So there’s the physical hunger. That breaks my heart. We take it for granted to have fridges full of food. When my fridge is almost empty a sadness fills me and I only feel better once it is full again. I don’t know why. I even re-arrange an almost empty fridge to look fuller, to feel better. Weird, yes I know. Quirky. Yip.

While this word hungry has been standing like a lonely person quietly in the corner of my mind with big eyes and sadness, I read this quote. It jumped up at me from my laptop screen.
“If you are not hungry for God, it might mean that you are too full of yourself.”

Ouch! That is so true. There have often been times in my life that I have not been hungry for God. And the root of it all is pride.

I am now at a place where I am desperate for God and His Word and I feast on it continually. And when I have a good day and feel like I can do it on my own, I intentionally choose to feast on Him. I have to check my heart all the time.

So why do I still feel so sad? Maybe now I have become aware of the spiritual hunger in people? So I pray. Against the “too full of themselves to realize their need for Jesus” mindset in church and in the world. The promise stands that if we hunger for Him He will always satisfy. May the whole world taste and see that the Lord is good.

.

Ode aan nommer drie

Vandag tien jaar gelede het ons jou verloor. Of was dit dalk vroeër? Wel, vandag tien jaar gelede het ek die woorde gehoor. My ginekoloog se oë het probeer saaklik lyk; daar is geen hartklop. Jy het jou baba verloor. Op sestien weke. Vier maande. Amper halfpad. Swangerskap nommer drie. Geen boekekennis of artikel kon my voorberei op die teleurstelling nie. Die skok het soos geleidelike bitter koeëls deur my lyf geskiet, aanhoudend, verwoestend.

Ek onthou hoe ek gevoel het soos ‘n mislukking. So asof dit ‘n projek was wat ek nie kon deursien  nie. Asof ek in beheer was. Ek was nie. Die kliniese hantering van alles. Foonoproepe, prosedure, skraap, teken die vorm, gaan huis toe. Stilte. Stil, te stil. Twee klein mensies wag vir my by die huis. Ek voel skuldig want ek moet dankbaar wees vir hulle. En ek is. Maar ek wonder oor ons nommer drie. Weet nie die geslag nie maar ek het gevoel dit was ‘n dogtertjie. Ek wou haar Leah noem.

Vrae warrel in my kop en daar is ‘n dissonansie tussen daar en my hart. Ek draf met my hoed laag en bril op. Draf hard en vinnig langs die see en huil en huil en huil. Musiek in my ore. Ek wonder wat ek verkeerd gedoen het. Die jaar lê soos ‘n brak dam voor my, vol water maar onbruikbaar, onwelkom en ongelukkig. My een, twee, drie planne is deurmekaar gegooi en ek voel onseker.

Soos ek terugkyk, kan ek skryf en onthou en hulde bring aan nommer drie. Sonder trane. Daar was ‘n nuwe besigheid, en ‘n nommer vier na haar. Tien dinge wat ek geleer het sedertdien; 1 wanneer teleurstellings kom, haal asem en vind Sy stem in die stiltes, 2 daar is ‘n hele alfabet vol planne; plan a kan ook plan k of plan w word (alles werk ten goede mee vir die wat glo), 3 ware vriende huil saam en voer jou koffie, 4 verlies voel eensaam maar is gedeel, 5 om vir ander om te gee en hulle op te bou maak gesond, 6 gehoorsaamheid is die beter offer, 7 woorde het krag spreek lewe, 8 liefde gee lig, 9 tyd bring perspektief en  begrip, mamma-beer moet aanpasbaar wees.

Die ode is aan jou ons kleine nommer drie. Jou pappa is megaman, jou ouboet is ‘n diep ‘gentle soul’, jou sussie is ‘n helder vuurvliegie, jou ander boeta is op die dak (of naaste lampaal of watookal hy kan klim), en ek, ek onthou jou elke jaar dié tyd. En tussen die dae en weke van elke jaar soek ek na die mooi en lig en goed oraloor. Met woorde weef ek dit aanmekaar en stuur dit vir jou.

Raad vir die raadgewers. #stilblyisook’nantwoord

Die afgelope paar weke was daar ‘n tema wat homself oor en oor soos ‘n dringende brief in my gesig kom druk het. Sonder om name te noem of in te veel detail in te gaan wil ek tog die swaar klip van my hart af kry. Van wanneer af dink ons dat ons raad kan gee links en regs en aan enige iemand met ‘n gewillige oor? Almal het deesdae ‘n opinie en deel dit tog te graag. Ek preek sommer vir myself ook. Maar dalk moet ons meer luister, (twee ore) en minder praat (een mond).

Wat ek ondervind het en wat aan my hart krap is die standard raad en formules wat ons aan mense gee. As jy sukkel met finansies is daar ‘n “x, y, z formule” om jou te red. Is dit verhoudings wat lol dan probeer gerus buurvrou se raad wat sy al deel vir 110 jare… Elke mens se storie is uniek en elkeen van ons se probleme is kompleks. Net God ken die hele prentjie. My hart is dat ons eers by die Here sal hoor voordat ons raad gee, indien wel.

Om vir die vrou wat sukkel in haar huwelik, die vrou wat gemolesteer is as klein dogtertjie en al ‘n lang pad gestap het om genesing in haar sekslewe te ontvang, te sê “Julle moet net meer intiem wees” of “Gaan meer op date nights”, is dalk nie die beste raad nie. Dalk is dit nie die probleem nie. Dalk is hulle huweliksprobleem nie intimiteit nie maar eerlikheid of eenheid of kommunikasie.

Of nog ‘n wenner is die oorywerige vriendin wat voorstel dat sy en ‘n vriendin idees uitruil oor hoe om hulle huwelik op te kikker. Dit vir die vrou wat ontelbaar baie boeke oor die huwelik alleen gelees het, huwelikskursusse alleen bygwoon het, telkemale oor baie jare nuwe dinge probeer het om haar huwelik op te kikker. Maar soos die engelseman sê, “It takes two to tango”. So nee, sy gaan nie saam met die oorywerige vriendin idees uitruil nie. Haar idees is op. Sy praat met haar Pa oor die man wat Hy haar gegee het en herhinner Hom graag: “He is your son, You deal with him.”

So is daar ‘n legio van probleme in mense se lewens. Elke saak het ‘n paar kante, soos ‘n komplekse blink steen. Dit het die lig van die Heilige Gees nodig om daarop te skyn en in die refleksie sal daar ‘n antwoord wees. Want daar is altyd ‘n antwoord, altyd raad, altyd hoop. Here help my, help ons almal, om nie die vlieg in die salf te wees nie. Maar ‘n draer van lig en waarheid. Al is dit soms stil-stil.

Entitlement.

Ek loop nou al vir weke, nee maande met die word ‘entitlement’ in my kop rond. Google sê dit beteken ‘right, prerogative, claim, title, licence’. Sinonieme sê dis ‘allowance, allocation, allotment, quota, ration, grant, limit’. In die politiek eis mense dat hulle geregtig is op ‘x, y, z’. Ons land is vol mense wat voel hulle is geregtig op soveel meer. Eintlik admireer ek mense wat opstaan vir wat hulle voel aan hulle behoort. Maar wie bepaal dit? Wat is ons weegskaal? Die mens se hart is ‘deceptive’.

Langtand kou ek nog verder aan die woord. Dis natuurlik ‘n persoonlike oortuiging. Maar dis my seining. Dat die Bybel my maatstaf is. Daarin is beloftes opgesluit vir die wat bereid is om dit te soek. Hulle sal dit vind. Vir  jare is ek al soekend. Na meer. Meer van Jesus. Minder religion. Meer van Sy waarheid. Minder van my eie idees en slim planne. Minder van ander se opinies en meer van Sy ‘impressions’. Tussen ‘n pool van ‘people-pleasing’ en stil stil probeer deur die lewe gaan en die ‘revelation’ dat daar meer is vir my en ‘entitlement’, lê daar die oop spasies van ontdekking.

Hier stap ek nou versigtig saam met Vader, Ouboet en Wysheid. Op soek na al die beloftes waarop ek geregtig is. Dit is my maatstaf. En dit is waarop ek staan. Daar is reeds vrug. Ek vind elke dag nuwe wonders. Tussen ons gesprekke en die woorde in die Boek.

Op ‘n ander dag deel ek graag. Maar vir vandag dans ek in die oop veld vol wildflowers. My neus jeuk nie eers nie want die sade is vol healing en wholeness. Mag dit wat ek vandag deel iemand prikkel om ook te soek na meer, saam met Jesus. Hy sal jou nooit teleurstel nie. Bind die waarheid om jou nek. Stap salig voort.

Libraire d’aqua Alta

Toe ek ‘n kind was het my ma ons gereeld biblioteek toe geneem. Ons het grootgeword in ‘n klein Vrystaatse dorpie. Die biblioteek, teater en publieke swembad was deel van die dorp se trots. Met rede ook, dit was ‘n biblioteek om op trots te wees. Groot en modern vir daardie tyd. Die ontwerp was vars uit die sewentigs. Van onder het die gebou op spiraal met die verskillende vlakke verbind deur loopvlakke wat opkartel soos ‘n imposante boom se takke. Daar het my liefde vir boeke en woorde weekliks gegroei. Tot vandag toe waardeer ek biblioteke en boekwinkels wat met passie en liefde uitgelê en onderhou word. Waar mede boekmense en woordmense stil-stil omgaan met respek vir die saligheid te vinde in die omslag van menig ‘n boek.

So bevind ek myself vroeër die jaar in ‘n unieke boekwinkel in Venesië. Liberia Acqua Alta. Die oorspronklike klein winkeltjie is volgestop met meestal Italiaanse boeke, en op ‘n paar rakke Engels, Frans, en Hollandse literatuur. Fiksie, nie-fiksie. Oud, nuut. Die eienaar is ‘n eksentrieke man wat nogal moedeloos lyk, oorweldig met die deurmekaar rakke wat lyk of dit nooit weer netjies gaan wees nie. Was dalk ook nog nooit nie. Tog pla dit nie die besoekers wat daagliks daar instroom nie.

My beplande vinnige halfuur het langer gedraai. Ek wou vir my sussie en ‘n goeie vriendin verjaarsdag geskenke daar koop. Mens koop mos vir ander wat jy eintlik graag self wil hê. Oral om my was skewe rakke, vol stowwerige boeke, met vergeelde papiere wat aandui waar pas watter boek; ‘history’, ‘philisophy’, en vele meer. Soveel as wat ek hou van orde en netheid kon ek die deurmekaarspul waardeer en geniet. En dan natuurlik die oorspronklike trappe wat gemaak is uit opgestapelde ou boeke wat staple tot op ‘n klein platvorm wat doodloop in die een van Venesië se vele kanale. Die winkel se eksentrieke kat hou almal geheimsinnig dop. Nee ek wou nie loop nie. Ek wou net daar bly. Die hele dag lank.

Mag daar nog vele biblioteke en boekwinkels te vinde wees in my tyd hier op aarde. En eendag as ek die strate van goud instap, mag my voete my vat tot in die Groot Biblioteek daar Bo.